Skoollied

Geskryf deur: Ds. Hannes Joubert (Skoolstigter)

Getoonset deur: Mnr. David Fourie

Dankbaar, dankbaar, al ons kinders, al ons kinders juig nou saam!
Want al leer ons, of al speel ons laat ons hoog jou vaandel dra!
Deur geloof en werk en kennis, bly ons strewe almal saam.
Dankbaar groei ons en ook bloei ons tot die ere van God’s Naam.

Dankbaar, Dankbaar nou leer werk ons vir ons volk, ons eie land.
Dis ons strewe om te lewe ook vir hierdie hoƫ pand.
Niks sal ons nou ooit laat bewe want God lei ons aan die hand.
Dankbaar juig ons en bely ons liefde vir ons vaderland.

Dankbaar, Dankbaar, soet weerklink nou: Woorde in ons eie taal!
Boerekinders, niks verhinder hierdie mooie ideaal.
Daarom sing ons en ook dink ons suiwer in ons moedertaal.
Dankbaar staan ons en vertrou ons, laat ons jou nooit eendag faal.

Luister na die wysie.

(MP3 weergawe hier.)