Kultuur

Die volgende kultuuraktiwiteite word by die skool aangebied:

Musiek
Volksaktiwiteite (Bv. tydens volksdae ens.)
Volkspele
Revu
Skaak

Kultuurfees.

Tydens die jaarlikse kultuurfees (wat deur ander Vrystaatse CVO skole bygewoon word) word kinders aangemoedig om aan individuele-sowel as groepsitems deel te neem.

Individuele items.

Redenaars, Drama:- Formele en gedramatiseerde po√ęsie, Sang en Musiek, Skaak, Prosa.

Groep items.

Spreekkore, Koorsang, Duette in instrumente of Sang, Volkspele.

Wetenskap ekspo.

Vanaf vanjaar word ‘n wetenskap ekspo (individue en groepe) as deel van die kultuurfees aangebied.

Kinders wat deurdring in die Vrystaat gaan na die Suid-Afrikaanse kultuurfees waar al die CVO skole se bestes deelneem en waar kinders BCVO-kleure kan ontvang.